Thys Nywerheid.co.za

the original big beat rock spider

 
nuus
musiek
fotos
gigs
skakels
kontak
seepkis
speak english or die

07/03/2006

Welkom by die nuwe offisiele Thys Nywerheid website. 'n Splinternuwe ontwerp met baie meer informasie as die vorige geoshitties website. Ons belowe plegtig dat hierdie een baie opgedateer gaan word ook. Ons werk nog aan 'n paar tegniese foute soos die "mailing list". As jy wil aansluit by die mailing list stuur gerus vir ons n' e-mail met die woorde "Mailing list" in die onderwerp veld (fok, dit klink soos iets uit 50/50) dan maak ons jou deel van ons liefdevolle TN gang.

Hier in die Nywerheid glo ons daaraan om ons besoekers te bederf (amper soos in 'n hoerhuis) en omdat jy so 'n nice klein kuber toeris is het ons besluit om vir jou ietsie verniet te gee en nee, dit is nie 'n virus nie. Gaan na die musiek afdeling en gaan download 2 mahala tunes daar! Dit is ekslusief op hierdie site beskikbaar vir n' beperkte tyd. Dit is nou indien julle stoutgat klein seerowers dit nie op julle eie sites gaan host nie.... Maar dis ook cool met ons, solank ons al die krediet kry.

Die lank verwagte debut CD is nog steeds (jammer daaroor) in die pipeline maar ek belowe ons maak baie vordering. Dis een van die dae klaar, belowe!

Anyway, lekker surf en as jy hier is op jou werk se onkoste en tyd moenie te kak voel nie. Hierdie is darem nie heeltemal 'n porn site nie.